Afslaers moet FIC-rapportering op alle inkomste vanaf N$100 000 maak
Die Namibiese Landbou-unie herinner alle afslaers dat ingevolge die wet op finansiële intelligensie, vereis die Finansiële Intelligensie-sentrum dat afslaers ook transaksies van 100 000 Namibiese dollar of meer moet rapporteer. Daar was volgens die sentrum verwarring omdat afslaers verstaan het dat dit net van toepassing was op kontant ontvang. Dit geld egter vir alle betalings, insluitend deposito’s. Die transaksies moet binne vyf dae na ontvangs gerapporteer word.