Paula Badosa, Zverev deur na Aussie Ope halfeindronde

Tennis: Die gewese wêreld-nommer-twee, Paula Badosa, is deur na die eerste Grand Slam-halfeindronde van haar loopbaan nadat sy die wêreld-nommer-drie, Coco Gauff, in die Australiese Ope verslaan het. Die Spanjaard het die Amerikaner 7-5, 6-4 geklop in haar eerste oorwinning oor ‘n toptien-speler in ‘n Grand Slam-toernooi. In die mansafdeling het die Duitser Alexander Zverev nog ‘n Amerikaner Tommy Paul, in vier stelle geklop om sy derde halfeindronde in Melbourne te haal. Badosa is in die wolke oor haar vertoning.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *