Groot afwagting vir matriekuitslae môre

Namibië hou asem op in afwagting van die eksamenuitslae van die 2024 Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone- en Gevorderde-vlak wat môre vrygestel word. Die uitslae sal die toekoms van duisende jong Namibiërs bepaal. Die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, het die onderwysers, nasieners, moderators en personeel bedank wat toegewyd gewerk het om ‘n geloofwaardige gradering- en hersieningsproses te verseker. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *