Politieke inmenging bedreig onafhanklike pers-status

Namibiese media se onafhanklikheid word toenemend bedreig deur politieke inmenging, wat lei tot ‘n aansienlike daling op die persvryheidsranglys. Volgens Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, het Namibië sy posisie verloor as die Afrika-land met die vryste pers, soos weerspieël in Reporters Without Borders se 2024 Persvryheid-indeks. Die land se algehele telling het van 80,91 in 2023 tot 74,16 vanjaar gedaal, met noemenswaardige dalings in politieke, ekonomiese, wetgewende, maatskaplike en sekuriteitsaanwysers. Politieke aanwysers het van 29ste plek tot 45ste gedaal, terwyl sosiale aanwysers skerp gedaal het van 18de tot 43ste plek. Kosmos 94.1 Nuus het met Tannan Groenewald gesels, wat meer deel.