Madleen-deportasies fokus aandag op Gaza-krisis: GOODJune 10, 2025

Die GOOD-party sê die deportasie van die klimaatsaktivis Greta Thunberg en ander aan boord van die Madleen het dalk onbedoeld aandag getrek na die humanitêre krisis in Gaza. Die boot met 12 mense aan boord wat volgens berigte humanitêre hulp na Gaza wou neem, is na die Israelse hawestad Asdod gesleep nadat dié land se magte dit onderskep het. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit gaan oor menslikheid en geregtigheid: