Hofsake teen ECN sal duidelikheid bring

Die Independent Patriots for Change met verskeie ander politieke partye het ‘n dringende aansoek by die Verkiesingshof ingedien om die geldigheid van die 2024-verkiesing te betwis. Dit sal Vrydag aangehoor word. Die partye dagvaar die Verkiesingskommissie van Namibië se voorsitter, Elsie Nghikembua, die uitvoerende hoof, Peter Shaama, asook president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Rakkel Andreas gesels oor die verwagte uitkoms van die saak en hoe dit Namibiërs raak.