VRK-eindstryd op Crokepark dalk in Bulle se gunsJune 10, 2025

Rugby: Die Bulle kan moontlik bevoordeel word nadat die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap verskuif is vanaf Leinster se tuisveld, die Aviva-stadion in Dublin, Ierland. Die wedstryd sal op die Crokepark-sokkerstadion gepeel word, want Aviva is nie beskikbaar nie. Croke, met sitplek vir meer as 82 000 toeskouers, sal na verwagting slegs halfvol wees. Kaartjieverkope is hoër as vir Leinster se kwart- en halfeindstryd, maar sal waarskynlik nie naby die 47 000 toeskouers kom wat na Loftus Versfeld gestroom het vir verlede week se halfeindstryd teen die Haaie nie.