LPM kap Mbumba oor jeugwerkloosheid aanmerkings

Die regerende party het al verskeie opmerkings gemaak oor jeugwerkloosheid maar nie alles is positief ontvang nie. Voorheen het wyle president Hage Geingob ‘n stelling gemaak dat die jeug werkskeppers moet wees. Meer onlangs het president Nangolo Mbumba by ‘n byeenkoms gesê dat Namibiërs hulself moet opvoed en oplei om werkloosheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het by Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless Peoples Movement, gaan aanklop oor sy opinie.