Spanje skenk 500 000 M-pokke-inentings aan Sentraal-Afrika
Spanje gaan 500-duisend M-pokke-inentings skenk aan lande in Sentraal-Afrika wat ‘n styging in gevalle ervaar. Die gesondheidsministerie in Spanje sê die dosisse is sowat 20-persent van Spanje se totale voorraad M-pokke-inentings. Spanje het ook die Europese Unie versoek om hulle voorbeeld te volg en om ook 20-persent van hulle voorraad M-pokke-inentings te skenk en sê dit is onsinnig om inentings op te gaar wanneer daar nie ‘n probleem is nie. Frankryk en Duitsland het aangekondig hulle sal elkeen 100-duisend dosisse M-pokke-inentings skenk aan die lande wat weens die siekte swaarkry.