Kompetisie soek jong landbou-skrywers

Die Boerderyportaal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder-toekennings poog om akkurate storievertelling en oordra van inligting binne die landbousektor aan te moedig. Die kompetisie wil ‘n platform skep waar studente in landbou of joernalistiek hul werk kan publiseer en ‘n smakie kan kry van kommunikasie met die publiek en belanghebbendes in die bedryf. Wenners sal in Oktober 2024 aangekondig word by ‘n geleentheid wat ‘n perskonferensie en paneelbespreking oor ‘n aktuele onderwerp sal insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johann Pretorius van die Boerderyportaal, wat jong Namibiese skrywers aanmoedig om aansoek te doen.