ANC verkiesingskomitee blameer minder kiesers, dienslewering vir agteruitgang

Die verkiesingskomitee van die ANC skryf die party se afname in steun toe aan die lae kieserstal, swak plaaslike dienslewering en ‘n gebrek aan aanspreekliheid. Die nasionale uitvoerende komitee het op ‘n vergadering in Ekurhuleni die faktore ondersoek en strategieë ontwikkel om die behoeftes van kiesers beter te verstaan. Die adjunksekretaris-generaal Nomvula Mokonyane sê hulle soek maniere om die behoeftes van Suid-Afrikaanse kiesers beter te begryp om verdere afname te keer.