Ooste se waterbronne op 5,1%
Die nuutste damverslag wys dat daar min water in meeste van die land se damme oor is. Die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien het byvoorbeeld net 26,9 persent waterbronne oor. Die Ooste se totale bronne is egter op ‘n skamele 5,1 persent met die Otjiverodam op 6,8 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 24,9 en 3,7 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, hoof-uitvoerende beampte van NamWater, gepraat oor of daar enige planne is ingeval water in Gobabis opraak.