6 Kalkrand besighede kry toerusting en bystand

Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid en armoede uitwissing het ‘n oorhandiging gedoen aan ses begunstigdes op Kalkrand. Die ministerie het reeds ‘n geruime tyd wat hy as sy inkomste genererende aktiwiteite-projek beskryf waar persone wat bystand nodig het om beter besigheid te bedryf, gehelp word met toerusting. Die projek loop volgende jaar tot ‘n einde. Die adjunkminister, Bernadette Jagger sê die hoofdoel is om mikro-sakeondernemings uit te brei. Jagger het toerusting ter waarde van 86 000 Namibiese dollar wat ‘n spysenieringsmaatskappy, ‘n haarsalon, swiesfabriek en kleremaak-onderneming insluit. Die toerusting bly die eiendom van die ministerie en sou wanbestuur bevestig word, word dit teruggeneem.