Chauvin pleit skuldig op nog ‘n klag

Die voormalige Minneapolis polisiebeampte Derek Chauvin het skuldig gepleit op federale klagte dat hy George Floyd se burgerlike regte geskend het, wat moontlik sy tronkstraf kan verleng. Chauvin, 45 jaar oud, het ‘n ooreenkoms met die staat bereik in die verband wat volgens berigte, ‘n lewenslange vonnis uitsluit en hom vir 25 jaar tronk toe stuur, wat hy gelyktydig met sy moordvonnis sal uitdien. Hy is in April vir meer as 22 jaar tronk toe gestuur vir Floyd se moord op 25 Mei 2020. As deel van die ooreenkoms het hy ook beken dat hy die regte van ‘n 14-jarige swart seun in 2017 geskend het nadat hy hom teen sy kop met ‘n flits geslaan het en op sy rug gekniel het. Hy sal later gevonnis word.