49% van Namibiërs het nie internet toegang nie

Amper die helfte van Namibiese burgers het geen toegang tot die internet nie. Die adjunk-inligtingsminister, Emma Theofelus sê die jongste syfers dui aan dat 51 persent van die bevolking toegang tot die internet het. Daar is uitdagings met dekking veral in landelike gebiede en ook die kostefaktor. Namibië het van die duurste internetkostes op die vasteland. Volgens Statistica het die plaaslike koste in 2022 op rondom 10 Amerikaanse dollar 50 sent gestaan. Internet toegang word nie net as belangrik geag in terme van toegang tot inligting nie, dit is ook uiters belangrik vir leerders en studente.