45 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 45 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Aranos en Onandjokwe het 7 elk, Engela 6, Windhoek 5 en Mariental 4. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 033 aktiewe gevalle, met 122 690 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 127 227. Die totale sterftesyfer is tans 3 492. 256 850 mense het reeds hulle eerste inenting gekry, en 165 279 is reeds twee keer ingeënt.