126 Bengaalse tiere in ’21 in Indië gestroop, vergiftig

Indië se tier-bewaringsliggaam sê 126 van die bedreigde groot katte is in 2021 dood, die meeste sedert dit ‘n dekade gelede begin rekord hou het. Daar word berig dat vergiftiging en stropery die hoof oorsaak van die vrektes is. Volgens internasionale nuusagentskappe is Indië die tuiste van ongeveer 75 persent van die wêreld se Bengaalse tiere. In 2010 het Indië en 12 ander lande ‘n ooreenkoms onderteken om die aantal tiere teen 2022 te verdubbel. Die regering het verlede jaar aangekondig dié teiken is vroeër as wat verwag is bereik, met ongeveer 2 967 tiere in 2018 teenoor ‘n rekord laagtepunt van 1 411 in 2006.