300 jeug word vir houtskool opgelei

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat 300 Namibiese jeug gaan baat by ‘n loodsprojek in houtskoolproduksie deur die ministerie van jeug en sport. Die loodsfase sal werksgeleenthede skep vir die 300 jeugdiges wat twee tipes opleiding sal ondergaan, naamlik burgerlike opleiding om dissipline aan te wakker, ‘n sin vir verantwoordelikheid en eienaarskap, asook die oes van houtskool en houtskoolmaak. Die projek word vroeg in April 2022 by Plaas Gemsbokpan by Rietfontein van stapel gestuur. Michael Degé, voorsitter van die Namibiese Houtskool-vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.