25 vas in Duitsland vir poging om regering omver te werp

Duitsland het vandag 25 lede en ondersteuners van ‘n verregse groep in hegtenis geneem. Aanklaers sê die groep besig was om ‘n gewelddadige omverwerping van die regering  te beplan, met sommige lede wat daarvan verdink word dat hulle ‘n gewapende aanval op die parlement beplan het. Daar word beweer die groep is deur die QAnon en Reichsbürger geïnspireer. Die Reichsbürger dring daarop aan dat die veel groter Deutsche Reich steeds bestaan ondanks die Nazi’s se nederlaag in die Tweede Wêreldoorlog. Die komplot het ‘n voormalige lid van ‘n Duitse koninklike familie, geïdentifiseer as Heinrich XIII as die leier in ‘n toekomstige staat in die vooruitsig gestel het. Heinrich, wat die titel prins gebruik en afkomstig is van die koninklike huis van Reuss, wat oor dele van Oos-Duitsland regeer het, het uitgereik na verteenwoordigers van Rusland, wat die groep as sy sentrale kontak vir die vestiging van sy nuwe orde beskou.