Fase ses-beurtkrag van krag, tot verdere kennisgewing

Eskom het aangekondig fase ses-beurtkrag tot verdere kennisgewing in Suid-Afrika ingestel is. Volgens die maatskappy se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, is dit is te wyte aan ‘n groot aantal onklaarrakings sedert middernag, sowel as die noodsaaklikheid om die oorblywende nood-opwekkingsreserwes streng te bewaar.