DBV stel Secret Santa-Paws-veldtog vir die Pawlidays bekend

Die Dierebeskermingsvereniging het ‘n nuwe veldtog geloods en vra lede van die publiek om een hawelose diertjie vir die vakansie, of te wel, Pawlidays, aan te neem deur middel van ‘n borgskap. Dit kos 200 Namibiese dollar vir ‘n woef, 100 dollar vir ‘n kietsie en 50 dollar vir ‘n hasie of ‘n marmot. Dit stel jou in staat om ‘n geheime Santa-Paws te wees, soos Hanna Rhodin, direkteur van die DBV, verduidelik.