Dit is Fabupharm wat sonder ‘n lisensie vervaardig June 12, 2025

Kosmos 94.1 Nuus maak ‘n regstelling op die nuus wat in die sewe-uur bulletin gedra is. Nampharm is in volle nakoming van regulasies en die regulerende raad vir medisyne sê dit is Fabupharm wat in stryd is met regulasies en vervaardig medisyne sonder die nodige magtiging sedert Januarie 2024. Die registrateur van die raad, Fransina Nambahu, sê Fabupharm is opdrag gegee om met onmiddellike effek vervaardiging te staak tot die nodige lisensie bekom is. Sy voeg by dat die opdrag in plek sal bly tot Fabupharm alle nodige regulasies nakom. Die fout word betreur.