Hartseer oor Amerikaners wat nog steenkool ontginJune 10, 2025

Die Trump-administrasie het die uitbreiding van die Bull Mountains-steenkoolmyn in Montana, Amerika goedgekeur. Dit sal bykans 60 miljoen ton steenkool aan bondgenote van die VSA, Japan en Suid-Korea uitvoer. Die myn se lewe is met tot nege jaar verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, oor dié verwikkeling gepraat. Hy meen dit is ‘n stap in die verkeerde rigting vir die omgewing.