Gesondheid se ambulanse… waar’s die tenders?June 10, 2025
Die Tender Bulletin sê daar is vrae oor die 36 ambulanse wat die lynministerie vir 32 miljoen Namibiese dollar aangeskaf het. Daar was geen openbare tender nie. Die publikasie sê die ministerie het in Februarie gesê hy het 23 voertuie bekom om in ambulanse omskep te word waarvan vier deur die Wêreldgesondheidsorganisasie geskenk is maar met geen inligting oor die ander voertuie nie. Daar was ook skenkings in 2023 sowel as in 2020 deur China en die VSA. Maar, geen inligting is bekend nie. Ook nie hoe die voertuie bekom is nie en nog minder wie aangestel is om die voertuie in ambulanse te omskep.