Withuis sê geen finale besluit oor Hollywood-tariewe nieMay 6, 2025
Die Withuis sê geen finale besluit is nog geneem oor die heffing van nuwe tariewe op rolprente wat buite die VSA vervaardig word nie. President Donald Trump het op Truth Social aangekondig dat hy sy administrasie opdrag gegee het om onmiddellik ‘n 100-persent heffing op buitelandsvervaardigde rolprente in te stel. Dit is onbekend watter dienste dit sal raak. Die Amerikaanse rolprentvervaardiger Justine Bateman het met SkyNews gepraat.
Die Withuis sê hoewel geen finale besluit oor die saak geneem is nie, ondersoek die administrasie alle moontlikhede om te doen wat Trump beveel het ten einde die land se nasionale en ekonomiese sekerheid te beveilig.