ReconAfrica juig oor positiewe data-ontleding van PEL 73April 30, 2025

ReconAfrica het in ‘n korporatiewe opdatering sy Prospect 1-eksplorasieput beskryf as die maatskappy se beste vooruitsig sover in die Damara-vougordel. President en uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê ‘n opgedateerde derdeparty-ontleding van data wys op 12,8 miljard vate van onontdekte oorspronklike olie in plek in PEL 73, asook ‘n 2,6 miljard vate voornemende ligte of medium ru-oliebron sonder risiko en 157 miljoen vate ligte of medium ru-oliebron met risiko. Voorbereidingswerk by Prospect 1 is op skedule om later hierdie kwartaal die put te begin boor. Prospect 1 teiken ‘n moontlike ligte- of medium oliebron van 365 miljoen vate, asook moontlike 1,7 triljoen kubieke voet aardgasbronne.