LPM takel beweerde Roads Contractor Company-korrupsieApril 30, 2025

Die Landless Peoples’ Movement het ‘n perskonferensie aangebied oor die beweerde voortgesette korrupsie by die Roads Contractor Company. Nadat die vorige uitvoerende hoof, Kelly Nghixulifwa, verlede jaar aan korrupsie skuldig bevind is word waarnemende uitvoerende hoof, Dasius Nelumbu, ook na bewering ondersoek deur die Teenkorrupsie-kommissie. Utaara Mootu, LP van die party sê dat hulle baie bewyse teen Nelumbu het en dit in die parlement sal voorlê. Sy het die president se besluit gekritiseer om nie op te volg oor korrupsie wat voor haar ampstermyn plaasgevind het nie