NamPol ondersoek gerugte van kinderontvoeringsApril 30, 2025

Die Namibiese polisiemag het kennis geneem van gerugte wat op sosiale media versprei word oor verdagtes in ‘n sewesitplek-voertuig wat glo kinders ontvoer het. Die polisie sê in ‘n verklaring dat hulle dit ondersoek. Die publiek word aangemoedig om nie te spekuleer oor ongeverifieerde inligting nie, of dit te skep en versprei nie, want dit kan paniek veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met inspekteur-generaal Kauna Shikwambi, adjunk-kommissaris van NamPol, wat sê die mag is op die grond by skole.