Duisende betogings wêreldtyd teen TrumpApril 6, 2025

Duisende betogings teen president Donald Trump en Elon Musk is Saterdag in al 50 state gehou, en ook in die res van die wêreld. ‘n Pro-demokrasie beweging het die betogings gereël in reaksie op wat organiseerders noem ‘n “vyandige oorname” en aanval op Amerikaanse regte en vryhede. Organiseerders eis die beëindig van die miljardêr-oorname en ongebreidelde korrupsie van die Trump-administrasie, sowel as ‘n einde aan die besnoeiing van federale fondse vir programme waarop werkende mense staatmaak, en die einde van aanvalle op immigrante, trans-mense en ander gemeenskappe.