NSX steier on Trump-tarieweApril 5, 2025

Die Namibiese aandelebeurs het, soos ander wêreldmarkte, ‘n swaar week agter die rug met die VSA se handelstariewe wat beleggersvertroue geskenk het. Die algehele indeks van die NSX het Vrydag op 1 537,06 punte gesluit – 12,7 persent laer as ‘n week gelede en sy laagste vlak tot dusver vanjaar. In Suid-Afrika het die algehele indeks van die JSE met nege persent geval, ook tot die laagste vlak tot dusver vanjaar. Aandelemarkte in Amerika het hul ergste week sedert 2020 beleef.