Kunene by Ruacana loop weer oopApril 3, 2025

Die Kunene-rivier by Ruacana donder weer oor die valle teen 1 678,7 kubieke meter per sekonde, sowat drie keer die volume as dieselfde tyd verlede jaar. Die Zambezi by Katima Mulilo styg steeds en het 4,52 meter gemeet met die laaste lesing. Dit is hoër as die 1,28 meter wat op dieselfde tyd verlede jaar aangeteken is. Die Okavango by Rundu het van 6,32 meter tot 6,39 meter gestyg, wat ook hoër is as die 5,70 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Die Benede Oranje het by Sendelingsdrift 0,78 meter gemeet.