Amushelelo en polisiehoof weer haaksApril 3, 2025
Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, en die aktivis Michael Amushelelo is weer haaks. Shikongo het kennis gegee dat hy Maandag ‘n dringende aansoek in die Windhoekse Hoërhof gaan bring dat Amushelelo beveel word om ‘n plasing op sy Facebook-blad te verwyder. Amushelelo maak in die plasing weer aantygings wat volgens Shikongo neerkom op minagting van die hof. Shikongo verwys na sy lastersaak teen Amushelelo wat op 9 Oktober 2024 op ‘n hofbevel uitgeloop het na die twee ‘n skikking bereik het. Hy vra ook dat Amushelelo verbied word om enigiets op sosiale media te plaas wat die skikkingsooreenkoms en hofbevel verbreek.