Derduisende Turke ruk op teen Imamoglu se aanhoudingsMarch 30, 2025
Honderde duisende Turke het in Istanboel opgeruk teen die tronkstraf van burgemeester Ekrem Imamoglu, president Tayyip Erdogan se vernaamste mededinger. Dit is die grootste betogings wat Turkye in meer as ‘n dekade ervaar het. ’n Brief van Imamoglu is by die saamtrek voorgelees tot toejuiging van die skare. Hy sê die land is verenig teen die onderdrukker. Die betoging was meestal vreedsaam, maar byna 2 000 mense is aangehou. Die hoofopposisie Republikeinse Volksparty, ander opposisiepartye, regtegroepe en sommige Westerse moondhede het almal gesê die saak teen Imamoglu is ‘n verpolitiseerde poging om ‘n potensiële verkiesingsbedreiging vir Erdogan uit te skakel.