Hernubare energie styg met rekord 585 gigawatt in 2024March 27, 2025

Die kragvoorsieningsvermoë het in 2024 met ʼn rekord van 585 gigawatt hernubare energie toegeneem tot 4 448 gigawatt. Dit is volgens die 2025-verslag vir hernubare energie wat deur die Internasionale Hernubare-energieagentskap vrygestel is. Die grootste toename was in Asië, en China het in 2024 met byna 64-persent die meeste tot die wêreld se vermoë bygedra. Volgens die verslag het son- en windkrag weer die meeste toeneem en verlede jaar met 96,6-persent die grootste hernubare bydrae gelewer.