Turbines loop oop by RuacanaMarch 26, 2025

Die Kunenerivier by Ruacana bulder teen 711,3 kubieke meter per sekonde oor die valle, en die turbines by die kragstasie sing sekerlik soos daar krag opgewek word. Die vloei is volgens die Namibië Hidrologiese Diens dubbel wat dit was op dieselfde tyd verlede jaar. Die Zambezi by Katima Mulilo het gestyg na 4,41 meter, veel hoër as die 1,33 meter verlede jaar hierdie tyd. Die Okavango by Rundu het ook gestyg na 5,79 meter, wat hoër is as verlede jaar se 5,34 meter. Die Omaruru wat vroeër sy walle oorstroom het vloei steeds, en het 0,17 meter gemeet. Die Benede Oranje se lesings is nie verskaf nie.