Nieu-Seeland beklink T20-reeks teen Pakistan 4-1March 26, 2025
Krieket: Nieu-Seeland het Pakistan met agt paaltjies verslaan in die laaste T20 in Wellington om die reeks 4-1 te beklink. Die besoekers het 128 vir nege aangeteken, met kaptein Salman Agha se 51 die hoogste telling. Jimmy Neesham het vyf paaltjies geneem. Tim Seifert het daarna ‘n onoorwonne 97 van net 38 balle gemoker, met tien sesse en ses viere. Die Swartpette het die teiken binne tien boulbeurte bereik met net twee paaltjies plat. Die eerste van vyf eendagwedstryde tussen die twee lande word Saterdag in Napier gespeel.