Kritiek teenoor Luvindao is betreurenswaardig March 26, 2025

Die Presidensie se perssekretaris Alfredo Hengari sê kritiek teen die pas aangestelde gesondheidsminister Esperance Luvindao is betreurenswaardig en onnodig. Luvindao loop deur op sosiale media met kritiek wat insluit haar tekort aan ervaring en moontlike wanvoorstelling van haar maatskaplike bystand aan 44 000 pasiënte in die SAOG-streek. Verskeie politieke partye het ook haar verwydering geëis. Intussen het haar burgerskap, haar ouers is in die DRK gebore, ook onder die loep gekom. Swapo-regsman Sisa Namandje sê daar is niks onwettigs nie omdat sy nie ‘n LP met stemreg is nie.