Rugby: Namibië se o/20’s klop Blou BulleMarch 22, 2025
Namibië se nasionale onder-20 rugbyspan het Vrydag by die Centurion Rugby Klub die gedugte Blou Bul onder-20 presidentspan met 37-24 geklop. Teen halftyd was die twee spanne gelykop met 17 punte elk. Die Namibiese span is besig om voor te berei vir Rugby Afrika Onder-20-beker volgende maand in Zimbabwe.