Namibiërs opgewonde oor nuwe bedelingMarch 22, 2025
Namibië het Vrydag sy 35ste onafhanklikheidsdag met ‘n geskiedkundige mylpaal gevier, met die inswering van die land se eerste vrouepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Hierdie belangrike geleentheid weerspieël Namibië se vordering in demokrasie en geslagsverteenwoordiging in leierskap. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiërs gepraat oor wat dit vir hulle beteken.