Trump, Putin sal Oekraïne môre telefonies bespreekMarch 17, 2025
Die Kremlin het bevestig die Russiese president Vladimir Putin en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump sal môre telefonies gesels. Trump het vroeër aan verslaggewers gesê beide kante het “baie werk” gedoen om die Oekraïne-konflik te beëindig en sê hy sal met Putin praat. Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, was verlede week in Moskou om die besonderhede van ‘n gesamentlike VSA-Oekraïnse wapenstilstandplan voor te lê, wat’n 30-dae onderbreking in vyandelikhede in die vooruitsig stel.