Beveilig skuilings teen slangeMarch 14, 2025
‘n 54-jarige man is vroeg Donderdagoggend deur iets gebyt terwyl hy en ‘n werker in ‘n kamer in Omakange in die Kunene-streek geslaap het. Die man het sy werker wakker gemaak, waarna hulle die kamer deursoek en ‘n slang gekry het. Hulle het die slang doodgemaak en na die Omakange kliniek gejaag maar hy is op aankoms dood verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gesels, wat sê beveiliging is die eerste verdediging.