Beweerde bedriegster in N$30 miljoen-hofsaak na hospitaal gehaas March 11, 2025

Die hoofverdagte in ‘n bedrogsaak van bykans 30 miljoen Namibiese dollar aan die kus, Victoria George (34), is vandag na die hospitaal gehaas. George, wat vyf maande swanger is, en haar medebeskuldiges, Abisai Ndeunyema (34), Cecilia Nakale (52) en Elizabeth Shikongo (30), se borgaansoek sou vandag in die landdroshof op Walvisbaai begin. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle onder valse voorwendsels lenings van ‘n vismaatskappy bekom het.