Nero se boek van die jaar bekendMarch 6, 2025

Maurice And Maralyn: An Extraordinary True Story Of Shipwreck, Survival And Love is by die Nero-boektoekennings aangewys as boek van die jaar. Die boek wat deur die Britse joernalis, Sophie Elmhirst, geskryf is, vertel die storie van ʼn paartjie wat in die 1970’s in die middel van die Stille Oseaan skipbreuk gely het. Hulle het 118 dae op ʼn reddingsvlot deurgebring nadat ʼn walvis hul boot getref het. Elmhirst sê sy het van die Bailey’s geleer op ʼn webtuiste wat die verhale van skipbreukelinge vertel: