Fifa-wêreldbeker se eindstryd sal ‘Super Bowl’ vertoning hêMarch 6, 2025
Die eindstryd van volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika gaan die eerste keer ‘n rustyd-vertoning hê soos die Amerikaanse Super Bowl s’n. Die president van die wêreldbeheerliggaam Fifa, Gianni Infantino, sê ‘n aantal kunstenaars sal optree in die MetLife-stadion in New Jersey in Amerika, wat die toernooi saam met Kanada en Mexiko sal aanbied. Hy beloof die konsert sal gepas wees vir die wêreld se grootste sportgeleentheid. Die toernooi duur van 11 Junie tot 19 Julie.