Stellenbosse Gholfklub kry SA Ope in 2026

Gholf: Die 115de Suid-Afrikaanse Ope gaan volgende jaar op die Stellenbosse Gholfklub beslis word. Die Wes-Kaap se vierde oudste klub sal einde Februarie die tweede keer in sy geskiedenis die toernooi aanbied. Die klub het die SA Ope in 1999 aangebied toe die plaaslike gunsteling, David Frost, gewen het op die baan waar hy grootgeword en as sy pa se joggie opgetree het. Die hoofbestuurder, Chris van der Merwe, sê die klub is verheug om die SA Ope op sy baan te verwelkom.