Europa maak voorstelle, Trump sê hy’s sat vir Zelensky
Britse premier Keir Starmer sê dat verskeie voorstelle deur Europese leiers gemaak is vir ‘n wapenstilstand tussen Oekraïne en Rusland, nadat Frankryk ‘n plan vir ‘n een maand-pouse voorgestel het wat tot vredesgesprekke sal lei. Frankryk, Brittanje en potensieel ander Europese lande het aangebied om troepe na Oekraïne te stuur as daar ‘n wapenstilstand is, maar dat hulle ondersteuning van die VSA wil hê. Intussen het Amerikaanse president Donald Trump op Truth Social verwys na Zelensky wat gesê het die einde van die oorlog is baie ver weg. Trump sê dis die ergste verklaring wat Zelensky kon gemaak het en Amerika sal dit nie vir veel langer gedoog nie.