Bykans N$12 miljard se tenders plaaslik toegeken
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het van 2017 tot 2024 sowat 86 persent van alle tenders aan plaaslike maatskappye toegestaan. Die totale waarde hiervan beloop bykans 12 miljard Namibiese dollar. Data wat aan die parlementêre staande komitee vir ekonomiese en staatsadministrasie voorgelê is, toon 193 tenders is die afgelope sewe jaar toegestaan. Namibiese maatskappye het 177 tenders gekry. Vyf tenders met die totale waarde van amper een miljard dollar is aan gesamentlike vennootskappe tussen Namibiese en buitelandse maatskappye toegestaan.