BOSA dalk hof toe oor nasionale loterylisensie

BOSA sê hy oorweeg regstappe nadat die van minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, aangekondig het die huidige nasionale loterylisensie sal met nog ‘n jaar verleng word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die verlenging, ter waarde van byna 200-miljard-rand oor vyf jaar, is die enkele grootste tender in Suid-Afrika, en wek ernstige kommer oor wettigheid, deursigtigheid en regverdige mededinging. Hy sê BOSA bespreek tans die saak met regskenners om uit te vind of die verlenging regmatig is.