Trump gee hoës trekpas
President Donald Trump het die voorsitter van die Gesamentlike Stafhoofde, Charles Q. Brown, ontslaan en hom vervang met John Dan “Razin” Caine. Brown was die tweede swartman wat as Amerika se mees senior generaal gedien het. Minute later het die minister van verdediging, Pete Hegseth, die hoof van die vloot en die eerste vrouelid van die Gesamentlike Stafhoofde, admiraal Lisa Franchetti, die trekpas gegee. Dit lyk of die stappe ‘n sterk sein wil uitstuur van ‘n administrasie wat diversiteit en insluitingspogings in die weermag en die wyer regering verbied het.