Eskom sê hy werk hard om aanvalle teen sy personeel te keer
Eskom sê hy werk nou saam met die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur om die golf van geweldsmisdade teen sy werknemers te bekamp. Die kragvoorsiener sê die misdadigers is gewelddadig en gebruik vuurwapens om maatskappy- en privaat voertuie te kaap, werknemers te beroof en hulle selfs vas te bind. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die staatsonderneming het ‘n regstreekse finansiële verlies van 2,6-miljoen-rand gely as gevolg van die misdaad: